Maak kerse met hergebruikte was

Dit is ‘n skade wanneer ‘n goeie kers uitbrand, veral wanneer daar ‘n groot klomp was agtergelaat word. Gelukkig hoef jy nie die was weg te gooi net omdat die lont uitgebrand het nie. Die kerswas is heeltemal herbruikbaar, en sal net so goed brand nadat dit weer gesmelt en weer in ‘n kers gevorm is. Die maak van kerse kan ‘n prettige en kreatiewe projek vir kinders en grootmende wees. Dit is ‘n omgewingsvriendelike projek wat jou help om meer te maak met minder.

Items wat jy nodig sal he:

  • Stoof.

  • Groot kastrol.

  • Klein kastrol of beker.

  • Lekkergoed termometer.

  • Katoentou vir die lont verkrygbaar by stokperdjiewinkels of op die internet aan lyn.

  • Sker.

  • Lepel of vurk.

  • Besemstok of wasgoedlyn.

  • Was.


Stappe wat gevolg moet word:

1. Bepaal hoeveel was jy beskikbaar het. As dit omtrent tien sentimeter diep sal wees kan jy jou kerse maak deur dit in die was te doop, anders moet jy oorweeg om dit in ‘n kershouer vorm te gooi.

2. Gooi omtrent drie sentimeter water in die groot kastrol. Verhit totdat alles gesmelt is. Sorg dat die waterhoeveelheid konstant bly deur dit aanhoudend op te vul.

3. Sit ‘n alliminium koekiesnyer onder in die kastrol en plaas die beker met die kerswas bo-op die koekiesnyer. Voeg jou kerswas in die beker, maar maak seker dat jy nie die verskillende soorte was meng nie. Jy kan verskillende kleure van dieselfde soort was meng. Jy kan ook die een kleur was in klein stukkies opsny en net die ander kleur smelt.

4. Meet die temperatuur. Dit is gereed wanneer dit 185 grade Farenheit bereik het. Skep enige vuilighede uit die gesmelte was met ‘n vurk of lepel.

5. Heg die pit met jou warmgomgeweer op die bodem in die middel. Draai die lont om die besemstok wat oor twee stoele geplaas is.

6. Sproei die houer met kers losmaak sproei. Gooi die blokkies kerse nou in die vorm van die kershouer en dan die gesmelte was bo-op. Laat vir minstens een uur staan om af te koel. Verhit die was wat oorgebly het tot 195 grade Farenheit en vul die kers weer op tot bo.

7. Maak los en geniet.

Doopkerse

Stappe:

1. Maak seker die gesmelte was is in ‘n diep slanke houer, minstens vyftien sentimeter diep. Meer is een kleur maak dit baie interessant.

2. Sny die lont sowat veertig sentimeter lank, en bind ‘n visvanggewig aan elke end van die tou vas. Hou die tou in die middel vas en steek albei ente van die lont in die kerswas ( dis eintlik twee kerse op die end). Verwyder en laat vir vier sekondes afkoel.

3. Herhaal die proses, maak seker daar is ‘n paar sekondes tussen doop, afkoel en weer doop. Gaan voort todat jou kerse die verlangde grootte bereik het.

4. Hang die kerse op jou wasgoedlyn of besemstok sodat hulle nie aan mekaar raak nie vir ‘n hele dag. Sny die gewigte af en maak die kers plat aan die onderkant met ‘n mes. Sny die lonte bo omtrent twee sentimeters lank en geniet jou kerse.


Lees meer oor die maak van kerse hier.